Wonder in woorde/words

Kinderfees
Afrikaans, English, Multilingual, isiXhosa
Gesin
50 Minute
7 Oktober
13:30
8 Oktober
13:30
R90 | R120 by die deur

Met Aidan Davies, Matthew Gray, Lihle Ngcawe, Amy Olivier, Lea Steenkamp, Torden van Rensburg

Wonder in woorde/words is ’n sprankelende woordkunsavontuur waarin mites, sprokies, gedigte en stories die verbeelding behoorlik aangryp. Die produksie is saamgestel uit Afrikaanse en Engelse kortverhale, poësie en selfs ’n drama of twee om leerders op ’n verbeeldingsvlug vol humor en betowering te neem. Wonder in woorde/words is gemik op gr. 6- tot gr. 9-leerlinge, wat genooi word om te kom kyk, luister en saam te lag in die magiese wêreld van die geskrewe woord.

Regisseur Amelda Brand
Samesteller Mareli Hattingh Pretorius
Verhoogbestuurder Adilah Angel Siboya

’n Produksie van dieUniversiteit Stellenbosh-dramadepartement,in samewerking met LAPAen die Suidoosterfees