Woordfees-atelier

Visuele kuns
N/A
Gesin
4 Oktober
18:00

Woordfees-atelier is ’n oorsigtentoonstelling van werk deur deelnemers aan vanjaar se Ateljeebesoeke-program. Hierdie uitstalling is ’n nuttige vertrekpunt om jou ateljeebesoeke te beplan, aangesien verteenwoordigende werk uitgestal word van al die plaaslike kunstenaars waar jy besoek kan aflê. Uiteenlopende mediums, style, onderwerpe en benaderings gee jou ’n unieke blik op waarmee Stellenbosch se kunstenaars besig is. Besoekers kan uitsien na werke van onder andere Strijdom van der Merwe, Marié Stander en Shany van den Berg. Die tentoonstelling byeengebring deurIlse Schermers van Is Art.

3 tot 11 OKT
10:00-17:00