Woordfees-atelier

Visuele kuns
N/A
Gesin

Woordfees-atelier is ’n oorsigtentoonstelling van werk deur deelnemers aan vanjaar se Ateljeebesoeke-program. Hierdie uitstalling is ’n nuttige vertrekpunt om jou ateljeebesoeke te beplan, aangesien verteenwoordigende werk uitgestal word van al die plaaslike kunstenaars waar jy besoek kan aflê. Uiteenlopende mediums, style, onderwerpe en benaderings gee jou ’n unieke blik op waarmee Stellenbosch se kunstenaars besig is. Besoekers kan uitsien na werke van onder andere Strijdom van der Merwe, Marié Stander en Shany van den Berg. Die tentoonstelling byeengebring deur Ilse Schermers van Is Art.

Klik hier vir die katalogus.

3 tot 11 OKT
10:00-17:00