Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes
’n Vonkelende kennismaking met die wêreld van bubbly. Leer meer oor Cap Classique, vonkelwynstyle, borrels in jou glas en hoekom sommige wyne net beter sprankel as ander. Die Woordfees-wynskool is ’n gesellige en ontspanne ervaring sonder enige snobisme. Verwag interessante gesprekke oor enigiets van kultivars en style tot geheime uit die kelders, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. Drie unieke klasse word aangebied deur wynmakers en wynpersoonlikhede saam met die omroeper Martelize Brink.