Woordfees-wynskool: Cabernet sauvignon 101

Leefstyl
Multilingual
o/18
90 Minute
6 Oktober
18:00
R230 | R260 by die deur

Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes

In samewerking met die Stellenbosch Cabernet Collective ontdek ons waarom Stellenbosch wêreldbekend is vir sy cabernet sauvignon. Proe verskillende style en leer meer oor die koning van rooiwynkultivars. Verwag interessante gesprekke oor enigiets van kultivars en style tot geheime uit die kelders, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. Drie unieke klasse word aangebied deur wynmakers en wynpersoonlikhede saam met Martelize Brink.