Woordfees-wynskool: Witwyn 101

Leefstyl
Multilingual
o/18
90 Minute
7 Oktober
18:00
R230 | R260 by die deur

Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes

In hierdie sessie word die wonderlike wêreld van witwyn verken en hoe elke kultivar – van vars sauvignon blanc tot ryk chardonnay en geliefde chenin blanc – sy eie persoonlikheid in die glas wys. Leer, proe, spoeg of sluk… Die Woordfees-wynskool is ’n gesellige ervaring sonder enige snobisme. Verwag interessante gesprekke oor kultivars, verskillende style en geheime uit die kelder, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. Drie unieke klasse word aangebied deur wynmakers en wynpersoonlikhede saam met die omroeper Martelize Brink, wat sorg vir ’n lekker mengsel van kennis, humor en goeie wyngeselskap.