WOW-dag vir gr. 11’s

WOW
Afrikaans
360 Minute
10 Oktober
08:30

Ondersteun deur US Studentesake

Gr. 11-leerlinge kry die geleentheid om meer uit te vind oor studiemoontlikhede en die lewe ná skool. Afrikaans-spesialiste van die WKOD deel praktiese wenke oor hoe om vir die Nasionale Senior Sertifikaat-vraestel voor te berei. Leerlinge kry ook ’n beter idee van wat om van die tersiêre akademiese wêreld te verwag. Dit is ’n dag vol gesprekke en interaktiewe sessies wat nuwe perspektiewe bied. Die dag eindig met vermaak en ʼn ligte ete.