WOW-jeugleiers

WOW
Afrikaans
240 Minute
10 Oktober
09:00

Ondersteun deur die fakulteit opvoedkunde se studentekomitee en die LLL-projek

Hierdie opleidingsessie bied aan jeugleiers die geleentheid om hul leierskapsvaardighede op ’n praktiese en interaktiewe manier te ontwikkel. Leerlinge gesels oor die moets en moenies van goeie leierskap en die hedendaagse invloed van sosiale media op leiers. Die program sluit in energieke Zumba-danse en kreatiewe sessies waarin leerlinge iets kan skep om huis toe te neem. ’n Lekker leersame dag wat selfvertroue bou en vindingrykheid aanmoedig.