WOW-kuier met skoolhoofde

Meertalig
150 Minute

10 Oktober

14:30
Gratis

In samewerking met NB-Uitgewers en Afrikaanse Onderwys Netwerk 

As deel van WOW se 50-skole-student-projek-aksie word skoolhoofde genooi om te gesels oor kwessies wat belangrik is vir sekondêre en hoër onderwys. Gesprekleiers rig interessante besprekings en WOW se ondersteuning aan voornemende en huidige studente word ook belig. NB-Uitgewers skenk aan elke skoolhoof ’n geskenkpak en vertel hulle hoe leerders se woorde vir hulle wêrelde kan oopmaak. ’n Opleidingsessie in die gebruik van elektroniese woordeboeke word aangebied in die Van der Sterr-gebou lokaal 1041.