WOW & PEN-skryfskool

WOW
Afrikaans
180 Minute
9 Oktober
13:30

In samewerking met PEN Afrikaans

Aspirantskrywers: Die PEN-skryfskool bied aan hoërskoolleerlinge én opvoeders die geleentheid om hul skryfvaardighede verder te ontwikkel. Deelnemers leer deur middel van praktiese werksessies hoe om hul idees duidelik te verwoord en hul eie skryfstem te ontdek. Ná die sessie kry leerlinge die geleentheid om ’n opstel te skryf wat vir die WOW & PEN-opstelkompetisie ingeskryf kan word, met die moontlikheid om later vanjaar by die WOW-galageleentheid erkenning te ontvang. Dit is ’n inspirerende ruimte waar nuwe skrywers kan groei en hul kreatiwiteit kan ontgin.