Laerskoolleerlinge neem deur die jaar aan verskeie redenaarsliga-byeenkomste van WOW deel waar hul redenaarsvaardighede ontwikkel word. Die toppresteerders dring deur na die eindronde wat by die WOW-fees plaasvind. Kom beleef hoe jong redenaars die verhoog betree en die gehoor oortuig met kragtige, voorbereide toesprake. Hierdie geleentheid is oop vir die publiek en bied ’n inspirerende kykie na die stemme van die toekoms.