WOW-Skrywersfees: Skrywersgesprek Gr. 10-12

WOW
120 Minute
16 Oktober
11:00
Gratis

Twee vars, dinamiese stemme – Marion Erskine, skrywer van Vlerke vir almal en Web van leuens (NB-Uitgewers) wat middel Julie op die rakke sal wees, en Cliffordene Norton, skrywer van Om jou te ken en Ek sal vir jou veg (Pan Macmillan) – kom gesels met leerders oor hul pad na publikasie, die temas wat hulle aanraak, en hoe hul stories leerders kan inspireer om hulle eie stem te vind. ’n Motiverende gesprek oor die krag van storievertelling, identiteit en drome wat waar word.

Moontlik gemaak deur Pan Macmillan