WOW spel nie net nie; ons tel ook. Vir die eerste keer by die WOW-fees kan leerlinge van omliggende skole vet pret beleef met wiskunde. Onder die bekwame leiding van die wiskundiges dr. Erna Lampen en Amanda le Roux woel leerlinge met getalle, bewerkings en syfers. Hierdie skole neem deel aan die WOW-telfees wat eindig met ’n gala-geleentheid in Desember.