WOW
Afrikaans
120 Minute
9 Oktober
15:00

Ontdek die wêreld van drama op ’n opwindende en praktiese manier. In hierdie interaktiewe slypskool kry leerlinge ’n voorsmakie van studies in drama en teaterstudies deur middel van kreatiewe aktiwiteite en dinamiese oefeninge. Só slyp deelnemers hul selfvertroue en verhoogvaardighede. Leerlinge word ook ingelig oor verskillende moontlikhede, soos graadstudies aan die US en die Proscenium-dramakompetisie.