Ondersteun deur SUNCOI
Kom leer meer oor wetenskaponderrig. In hierdie praktiese slypskool kry opvoeders die geleentheid om nuwe idees vir die klaskamer te ontdek. Dosente van die departement chemie aan die Universiteit Stellenbosch bied ’n slypskool in die laboratorium aan oor hoe huishoudelike produkte gebruik kan word om eenvoudige eksperimente saam met leerlinge uit te voer. Opvoeders kry die kans om self deel te neem en praktiese wenke te kry wat maklik in die klaskamer toegepas kan word.