In samewerking met die WKOD
Kom beleef die kunste by WOW! Ontdek die wêreld van ’n loopbaan in drama, dans, musiek en die visuele kunste. Leerlinge ervaar produksies by die Woordfees, beleef uitstallings en dansopvoerings, en neem deel aan paneelgesprekke saam met kunstenaars oor loopbane binne die kreatiewe bedryf. Hierdie geleentheid inspireer leerlinge en gee hulle ’n beter idee van die moontlikhede wat in die kunswêreld bied.