Aangebied deur Kwela
Mia Arderne het die literêre wêreld laat regop sit met Mermaid Fillet in 2020, en nou is sy terug met ’n nuwe roman waarvan die titel reeds die “vibes” aankondig: How to Stop Being a Naai. Die digter, romanskrywer en dramaturg Zubayr Charles het vanjaar twee boeke op die rakke: ’n digbundel en sy debuutroman, Haram. Dié twee gesels oor hulle boeke, skryfwerk en jeugkultuur. En as daar dalk iemand is wat dit moet hoor, sal hulle verduidelik hoe jy ook kan ophou om ’n naai te wees.