Zaan Sonnekusbeskryf sy werk as “alternatiewe rock met ’n sielvolle ruggraat”. Sy treffer, “Dood”, is ’n duet metTasché, wat in 2019 op 18-jarige ouderdom die jongste (en eerste vroulike) wenner van The Voice SAwas. Zaan en Tasché se musiek word gekenmerk deur emosionele eerlikheid, rou intensiteit en ’n moderne klank. Die konsert gaan die sterre oor die Jan Marais-natuurreservaat laat verskiet. Kom reeds om 18:00 vir Sossi (Augusta Zietsman) se “Oerkoek”-energie wat jou sal opwarm vir Zaan en Tasché om 19:00.