In samewerking met Klyntji.com
Kry ‘n oordosis low-fi-leesplesier by die bekendstelling van die tweede uitgawe van die Toyota Stellenbosch Woordfees-zine, Hi-Fi, en die spesiale uitgawe van Ons Klyntji om hul 130ste bestaansjaar te vier. Suid-Afrika se eerste en oudste tydskrif in Afrikaans en hou dit rou met ‘n gesamentlike open micwaar medewerkers hulle werk kan voorlees. Bring jou vriende en kom vier twee selfpublikasies met siel. Hi-Fi Zine ingesluit by jou kaartjieprys.