Zonkie en die laaste boomhuis

Kinderfees
Afrikaans
Gesin
40 Minute
5 Oktober
10:00
8 Oktober
15:00
11 Oktober
09:30
R110 | R140 by die deur

Met Cindy Swanepoel

Wanneer die eens pragtige Stad van Groen in die Stad van Grys verander, plaas ’n jong meisie en haar vriende Knetter (die eekhoring), Uilbertus (die uil) en Madame Skadu (die straatkat) alles op die spel om ’n enkele saadjie aan die groei te kry omdat hulle weer plante en suurstof in die stad wil terugkry. In ‘n tweede verhaal vertel La-dee-da (die hadeda) van ’n dapper voëltjie se vlug ondanks al die gevare in die lug, en in ‘n derde verhaal vertel Knopie Satyn (die spinnekop) van haar soektog na ‘n veilige plekkie in iemand se huis om haar web te spin. Sal sy oorleef? Die verhale prikkel die lagspiere, die verbeelding én die hartsnare terwyl fabelagtige handgemaakte karakters en meesterlike poppespel die gehoor betower.

Vervaardiger Swan Dive Collective
Regisseur en skrywer Anèl Wood
Musiek Lucinda Bosch
Choreografie Cindy Swanepoel
Ontwerp Imile Wepener
Verhoogbestuur Zonika van Zyl

Ondersteun deur ATKVen Ontbytsake