Tydelike werk by die Toyota Stellenbosch Woordfees

Voorportaal- en pendeldienspersoneel | Woordfees 2025

Posbeskrywing
Tydelike poste vir doelgerigte individue wat gemaklik is om met mense in ’n dinamiese feesomgewing te werk.

Dienstydperk

11 – 19 Oktober 2025

Werksure en verwagtinge

  • Feestydperk (11 – 19 Oktober): 08:00 – 20:00
  • Die kandidaat moet bereid wees om, waar nodig, buigsame ure (insluitend moontlike werk oor naweke en na-ure) te werk tydens die fees. 

Posbeskrywings en verantwoordelikhede

Posbeskrywings en verantwoordelikhede word in die onderskeie aansoekvorms hier onder uiteengesit.

Sperdatums en aansoeke

  • Sperdatums word op die onderskeie aansoekvorms aangedui.
  • Kandidate wat nie toegang tot die internet of ’n rekenaar het nie, is welkom om hul aansoek te voltooi by die Woordfeeskantoor in Ryneveldstraat 37, Stellenbosch.
  • Klik op die onderstaande skakels om aansoek te doen vir die onderskeie poste. Alle besonderhede moet volledig ingevul word.

Aansoekvorms

 

INTERNSKAPPE

Aansoeke vir internskappe is tans gesluit.

Vir enige navrae, stuur ’n e-pos aan bemarking@woordfees.co.za