
Reinet Nagtegaal-teksprys
2027: Inskrywings oop

Toyota Stellenbosch Woordfees
Ons storie
Die Toyota Stellenbosch Woordfees het in 2000 by die Universiteit Stellenbosch (US) ontstaan as ’n deurnagviering van Afrikaanse woordkuns. Sedertdien het ons gegroei tot een van die grootste kunstefeeste in Afrika met omtrent 50 000 jaarlikse feesgangers.
In 2024 het die fees oorgegaan na ’n niewinsgewende maatskappy (NPC) met sy eie bedryfstrukture buite die US.
Dié struktuur stel die fees in staat om besluitneming vaartbelyn te maak, kostedoeltreffendheid te verbeter, en langtermyn-volhoubaarheid te verseker te midde van veranderlike befondsing vir die kunste.
Terwyl die administratiewe- en jurisdiksieraamwerk ontwikkel is, het die fees se visie, span en identiteit onveranderd gebly. Asook al die borge en vennote het hul steun aan die Toyota Stellenbosch Woordfees in hierdie nuwe formaat voortgesit.





