SPRING EN SPAAR MET SPESIALE AFSLAG EN SEISOENKAARTJIES

Die ekonomie druk oral en dit was dus vir die Woordfeesbestuur ’n prioriteit om feesgangers vanjaar toegang tot soveel gehalte-aanbiedings moontlik te gee. Benewens ’n groot verskeidenheid gratis feesplesiere soos kunsuitstallings en die grootste deel van die Diskoersprogram en Filmfees, is daar verskeie inisiatiewe om kaartjies meer bekostigbaar te maak. Hier is ’n nuttige opsomming […]