SPRING EN SPAAR MET SPESIALE AFSLAG EN SEISOENKAARTJIES

Die ekonomie druk oral en dit was dus vir die Woordfeesbestuur ’n prioriteit om feesgangers vanjaar toegang tot soveel gehalte-aanbiedings moontlik te gee. Benewens ’n groot verskeidenheid gratis feesplesiere soos kunsuitstallings en die grootste deel van die Diskoersprogram en Filmfees, is daar verskeie inisiatiewe om kaartjies meer bekostigbaar te maak.

Hier is ’n nuttige opsomming van al jou spaarmoontlikhede:

TOYOTA MUSIEKFEES

Koop drie kaartjies na die volgende konserte en kry een gratis:

Afslag vir groepbesprekings

Bring ’n hele partytjie fees toe en spaar.

Nagskof Vol. 1

Met: Fokofpolisiekar (wat hulle nuwe album bekendstel), Desmond and the Tutus & Majozi
Woensdag 11 Oktober | 18:00 | Van der Stel-sportgronde | Toegang vanaf R95

  • 10%-afslag op 20 kaartjies 
  • 20%-afslag of 50 kaartjies

Spoegwolf

Donderdag 12 Oktober | 18:00 | Van der Stel-sportgronde | Toegang vanaf R120

  • 10%-afslag op 20 kaartjies
  • 20%-afslag of 50 kaartjies

Uit volle bosch

Met: Van Der Aven, Zaan Sonnekus, Gian Groen, Jan Blohm, Die Heuwels Fantasties 

Vrydag 13 Oktober | 18:00 | Van der Stel-sportgronde | Toegang vanaf R150

  • 10%-afslag op 20 kaartjies

DANS

Early bird – kry 40%-afslag op jou kaartjies vir hierdie produksies tot en met 31 Julie:

TONEEL

Studenteafslag: Jy kry 15%-afslag met ’n geldige studentekaart vir die volgende produksies, maar net op prysklas 1:

Kry 15%-studente-afslag met ’n geldige studentekaart vir die volgende produksies, maar net op prysklas 1 en 2:

KLASSIEKE MUSIEK

Pensioenarisse kry R15 afslag op ’n kaartjie wat vooraf vir enige aanbieding op die Klassieke Musiek-program gekoop word. Gebruik jou ID-dokument om vir hierdie afslag te kwalifiseer.

SEISOENKAARTJIES

As jy ‘n seisoenkaartjie koop, spaar jy lekker. Jy is ook welkom om van jou kaartjies met ’n vriend te deel as jy nie al die uitvoerings kan of wil bywoon nie.

Moederkerk-Orrelweek-seisoenkaartjie

Kry toegang tot al vyf Orrelweekvertonings vir R350 en spaar R150.

  • Arnu Oelofse | 9 OKT 13:15
  • Winand Grundling | 10 OKT 13:15
  • Gavin Julius | 12 OKT 13:15
  • Isabelle van Rensburg | 11 OKT 13:15
  • Zorada Temmingh | 13 OKT 13:15

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou vyf kaartjies af te haal.

Seisoenkaartjie: Strauss & Co-gesprekke

Spaar 50% deur net R120 vir 8 gesprekke te betaal. Die gesprekke sluit in:

  • ‘n Man vir elke seisoen | 9 OKT 15:00
  • South African Artists in Paris | 10 OKT 11:00
  • Cheviot Place 6: Kruispad van kunstenaars, skrywers en intellektuele (1956-1990) | 10 OKT 15:00
  • Contemporary South African Ceramics | 11 OKT 11:00
  • William Kentridge: Gebonde en ongebonde | 11 OKT 15:00
  • The Sydney Kumalo/Ezrom Legae Catalogue Raisonné Published by Strauss & Co. | 12 OKT 11:00
  • Exploring the Rich Artistic Heritage of the Eastern Cape | 12 OKT 15:00
  • Sosiale verantwoordelikheid in die kunste | 13 OKT 11:00

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou agt kaartjies af te haal.

Seisoenkaartjie: Victoria Hub-gesprekslokaal

Koop ’n seisoenkaartjie en spaar R355. Vir R975 kan jy 12 gesprekke in die nuwe Victoria Hub bywoon. ’n Spesiale ry word gereserveer vir seisoenkaartjiehouers en die seisoenkaartjie sluit die volgende boekgesprekke in:

  • Anchien Trotskie en Helene de Kock | 9 OKT 10:30
  • Beryl Botman: Sedert die dood ons skei | 9 OKT 12:00
  • Twee kaalkoppe wonder |10 OKT 10:30
  • KI as skrywer | 10 OKT 12:00
  • Hoekom stotter mans so? | 10 OKT 15:00
  • Van Oekraiëne met liefde | 11 OKT 10:30
  • Bitterkomix | 11 OKT 12:00
  • Trama kasie vir Arabies | 11 OKT 15:00
  • SJ Naudé: Van vaders en vlugtelinge | 12 OKT 10:30
  • Leon van Nierop: Duiwelsroos | 12 OKT 15:00
  • ‘Coloured’: Dis ons kultuur | 13 OKT 10:30
  • Met Karel Schoeman as muse | 13 OKT 15:00

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou pak van 12 kaartjies af te haal.

Seisoenkaartjie: EasyEquities Boektent

Koop ’n seisoenkaartjie en spaar R650. Vir ’n R1 000 kan jy 22 gesprekke in die boektent bywoon. ’n Spesiale ry word gereserveer vir seisoenkaartjiehouers. Die seisoenkaartjie sluit die volgende gesprekke in:

  • Witboordjie-skurke | 9 OKT 09:30
  • Van hier tot ver in die wêreld | 9 OKT 11:00
  • Sihle Khumalo: Milk the Beloved Country | 9 OKT 13:00
  • Marius Weyers: ’n Lewe | 9 OKT 15:00
  • Etienne van Heerden: Gebeente | 11 OKT 13:00
  • Jonny Steinberg: Portrait of a Marriage | 9 OKT 16:00
  • 491 Dae agter tralies | 10 OKT 09:30
  • Annelie Botes se Katvis | 10 OKT 11:00
  • Eve Fairbanks: The Inheritors | 10 OKT 13:00
  • Shackleton, My Father and a World Without End | 10 OKT 16:00
  • Stefaans Coetzee: Onbeskryflike genade | 11 OKT 09:30
  • Barbara Masekela: Poli Poli | 11 OKT 11:00
  • Etienne van Heerden: Gebeente | 11 OKT 13:00
  • Marita van der Vyver: Laaste kans | 11 OKT 16:00
  • Daisy de Melker: Gifmoordenares | 12 OKT 09:30
  • Skatryk, maar hoe? | 12 OKT 11:00
  • E. (Sussie) Kotze vier 90 | 12 OKT 13:00
  • Fiksieparadys: ‘You Had Me At Hello’ | 12 OKT 16:00
  • Hoerkind en die skrywer | 13 OKT 09:30
  • The Power of Us | 13 OKT 11:00
  • Onder ’n bloedrooi hemel | 13 OKT 13:00
  • Rudie en die Hanse | 13 OKT 16:00
  • Moerasperd deur die nag | 14 OKT 9:30
  • 30 Beste Bokke | 14 Oktober 11:00

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou pak van 22 kaartjies af te haal.

Kaartjies kan direk deur Quicket bespreek word. Vir enige navrae of vir hulp met kaartjieverkope, kontak vir Amber by comps@sun.ac.za

Facebook
Twitter
LinkedIn