Beethoven Triple Concerto

Klassieke musiek
60 Minute
17 Oktober
16:00
R190-R270 | R220-R300 by die deur

In Ludwig van Beethoven se meesleurende trio-concerto word die tjello, viool en klavier in ’n kragtige dialoog geplaas. W.A. Mozart se sprankelende Serenade no. 6 in D-majeur (“Serenata Notturna”) betower met ligtheid en grasie, terwyl Georg Phillipp Telemann se concerto vir twee altviole ryk teksture en speelse interaksie bied. ’n Konsert wat vernuwing en tradisie vier – perfek vir die ernstige musiekliefhebber.

Met Peter Martens (tjello), Suzanne Martens (viool), Elna van der Merwe (klavier), strykensemble en keteldromme