Die môrestond het goud in die mond

Leefstyl
105 Minute
15 Oktober
05:00
Gratis

Die waarde van stilte en asemhaling word al hoe meer erken, iets wat dui op ’n groeiende behoefte aan gesonde spiritualiteit. Gaan op ’n begeleide staptog teen Stellenboschberg saam met Jan van Zyl, predikant en mindfulness-fasiliteerder, en Naudé Jordaan, fiksheidspesialis. Almal stap in stilte tot op ’n gegewe punt, waar Jan deelnemers in ’n meditasie sal begelei. Die berg word ons leermeester wanneer ons die dag sien breek en dinge uit ’n ander perspektief sien.