Oop van 09:00 tot 15:00 by die Erfurthuis | 11 tot 19 Okt.
Jy kan halfpryskaartjies koop vir sekere items op die feesprogram wat binne vier uur plaasvind.
Byvoorbeeld: As jy 09:00 by die Spaar Bar is, kan jy sekere vertonings tot en met 13:00 teen halfprys koop. As jy 10:00 opdaag, is sekere vertonings tot en met 14:00 halfprys.
- Hierdie aanbieding sluit leefstyl-items waar kos en drank bedien word, uit.
- In die laaste uur wat die SPAAR BAR oop is, van 15:00 tot 16:00, is sekere kaartjies vir die res van daardie dag halfprys.
- Slegs van toepassing op sekere produksies.
- Afslag is nie van toepassing op kaartjies wat by ander feesvenues gekoop word nie.
- Tydsbestuur is belangrik om teleurstelling weens lang rye te voorkom.