SPIER TONEEL

Hoofseun sonder hoofstuk

Produksie: Tollie Parton: Hoofseun
Deur: Chase Rhys
Foto: Verskaf

Tollie Parton se show se naam is Hoofseun, maa daa issie rêrag ’n narrative nie. Geen arc nie. Net nou en dan ’n glimpse van iets related na “hoofseun wat nou ’n drag queen is”, dan’s it wee trug na vrae oo wie innie gehoo by watte plek wêk, skryf Chase Rhys.

Tollie Parton: Hoofseun hettie plek vol: Tannies in florals, gays, lesbians, girls en hulle straight bags is ammel hie om vi Tollie lekke te kry. En ek vestaan hoekô. Tollie is TikTok-famous. Tollie is viral. Tollie is ’n vibe. Maa op stage… is Tollie eintlik net Wynand.

Is min of mee diesêlle energie wat jy op sy Lives kry, die gesels, die improv, die geflirt met vreemdelinge. Die mense eet it op. Annie begin sê Tollie hierdie issie mees “kommin show op Woordfees” ennie audience gan tekere daavoo, maa êrens tussen “kommin” en “komiek” glip iets deurie vinges.

Die show se naam is Hoofseun, maa daa issie rêrag ’n narrative nie. Geen arc nie. Net nou en dan ’n glimpse van iets related na “hoofseun wat nou ’n drag queen is”, dan’s it wee trug na vrae oo wie innie gehoo by watte plek wêk. Gereeld roep Tollie mense op stage toe. Ôs wag en kyk hoe mense van hulle seats opstaan, sukkel om veby anne mense in hulle ry te squeeze, oppie trappe, oppie stage. “Wat is jou naam? Waar werk jy? Dankie, jy kan maar gaan sit.” Is ’n groot setup maa Nancy payoff.

Ek’t heeltyd gewag vi ’n reveal, vi ’n silhouette, vi ’n beautiful gown, maarie reveal het nooit gekô nie.

Visually… Hare? Flawless. Make-up? Beat. Die rok? ’n Floor length, slightly bedazzled, los, ampe godsdienstige ensemble wat sê sy gaan nou iemand doop, nie sy gaan nou iemand “read” nie. Ek’t heeltyd gewag vi ’n reveal, vi ’n silhouette, vi ’n beautiful gown, maarie reveal het nooit gekô nie.

Die tech was ’n bietjie out of sync. Tollie staan soms net links vannie spotlight. At one point gannie vehoog donke by accident not design. Maarie gehoor bly lojaal.

Tollie’s geliefd. Snaaks op dai off-the-cuff manier. Die official “Hoofseun” number wat hy perform is oulik. En ja, die show kon doen met mee solid punchlines. Maa is moeilik om te stry met iemand wat soe gemaklik is met chaos en wat soe baie mense laat voel hulle hoort.

*

Tollie Parton: Hoofseun
18 Okt. 20:00
HMS Bloemhof-sentrum

Facebook
Twitter
LinkedIn