Galery: Die Universiteit Stellenbosch by Woordfees 2025

Studentediskoers

By die US Konservatorium-amfiteater het studente saam gesels oor vraagstukke wat hulle raak: Hoe deel ons die kampus en maak dit ’n ruimte waar almal tuis voel? Hoe deel ons in mekaar se vreugdes en uitdagings, van geesteswelstand en druk tot die strewe na sukses? Is “balans” ooit werklik moontlik, en hoe lyk die lewe ná jou graad?

Fotograwe: Connor Leech en Pierre Rommelaere

Sanlam WOW Spelfees 2025

WOW: ’n Bemagtigingsinisiatief by die US
Meer as 500 leerders van reg oor Suid-Afrika het aan die 16de nasionale Sanlam WOW Spelfees deelgeneem. ’n Viering van taal, leer en trots! Die projek, wat deur die Universiteit Stellenbosch se Woorde Open Wêrelde-inisiatief (WOW) aangebied word, bemagtig jong leerders en opvoeders deur taal-, lees- en skryfprojekte wat drome en geleenthede oopskryf. Lees hier meer oor WOW

Fotograaf: AB Jantjes

Jazz at the Konserve: The Melisizwe Plaatjie Collective

Melisizwe Plaatjie het ’n dinamiese ensemble van opkomende jazztalent in Pieces of Me, ’n sielvolle reis deur sy lewe, begelei. As die pianis vir die 2021 Artscape Youth Jazz Band, die 2023 National Youth Jazz Band en die bekroonde Sun Quintet, het Melisizwe sy reputasie as een van Suid-Afrika se mees belowende jazzmusikante bevestig.

Fotograaf: Pierre Rommelaere

Jazz at the Konserve: Schalk Joubert Band ft. Sima Mashazi

Die bekroonde baskitaarspeler, komponis en vervaardiger Schalk Joubert het sy unieke mengsel van jazz en wêreldmusiek na die Toyota Stellenbosch Woordfees, in samewerking met ’n kragtige trio: Kevin Gibson, Blake Hellaby en die spesiale gaskunstenaar, die sanger Sima Mashazi. Schalk en Sima is ’n dinamiese en gesogte duo wat al saam reg oor die wêreld opgetree het.

Fotograaf: Pierre Rommelaere

Jazz at the Konserve: Ramon Alexander Quintet: The throwback project

In dié konsert het Ramon Alexander gehore terug geneem na waar dit alles begin het, met ’n kopknik na ESP, die gewilde Stellenbosch-gebaseerde orkes van die vroeë 2000’s wat gehelp het om sy musikale stem te vorm. Hy het ook materiaal van sy langverwagte nuwe album wat in 2026 uitgereik word, gedeel.

Fotograaf: Pierre Rommelaere

Facebook
Twitter
LinkedIn