Die vermoeienis van vlerke
Sara is bipolêr, kompulsief, spring-lewendig en haat vroue wat weet hoe om cupcakes te maak. Haar man is op ’n missie om die regte behandeling vir haar te vind. Dié kragtige stuk oor vriendskap, wan-funksionaliteit, ver-sla-wing en engele is ’n boeiende blik op die impak van gemoedsteurnisse op ’n gesin. Saartjie Botha het die internasionaal bekroonde The […]
Die wenners van die US Woordfeeskortverhaalkompetisie is …
Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die feesdatums vir 2022 as gevolg van die Covid-pandemie nog nie gefinaliseer is nie, sal die feestema, en daarmee ook die titel van die bundel, eers […]
Die Woordfees kom huis toe – na jou toe
Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 150 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021. Alle DStv-intekenaars met ’n Premium- of Compact Plus-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die program […]
Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep
In die eerste Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal van 6 […]
Die Woordfees Langtafel
Die Langtafel is vir baie Woordfeesentoesiaste ’n jaarlikse hoogtepunt en geliefde tradisie. Dit is aan hierdie Langtafel, onder die bome in Ryneveldstraat, waar die Toyota US Woordfees die feesplanne vir 2022 sal bekend maak. Die wêreldberoemde Universiteitskoor Stellenbosch sal optree en daar sal ook straatkunstenaars, ’n komediant, musiek, heerlike piekniekkos en wyn wees. Van Stellenbosch […]
EasyEquities belê in jou en in Woorde open Wêrelde
Kyk hoe kyk hy vir my, en daar is vyftig randjies vir jou! Jou registrasie vir ’n gratis EasyEquities-beleggingsrekening bring R50 in beide jou sak om te belê asook R50 in die Woorde open Wêrelde-beursfonds (WOW) vir studie aan die Universiteit Stellenbosch (US). WOW, ’n bemagtigingsprojek van die Stellenbosch Woordfees en die US, vier in […]