TERUGSKOU | Die fees in foto’s | 2026

Daar is nog tyd. Tyd om terug te kyk en die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees opnuut te beleef deur die lense van ons fotograwe. Met hulle besondere talent om mense vas te vang op net die regte oomblik met presies die regte lig, bied hulle die mees sprekende blik en ’n eie storie in elke raam.

Van visuele kuns en die geskrewe woord tot aangrypende teater en begeesterende klanke – ons is beïndruk en dankbaar vir die gehalte-werk wat kunstenaars met ons gedeel het, die positiewe reaksie van feesgangers en die lojale ondersteuning van Stellenbosch.

Ons sien julle van 2 tot 10 Oktober 2027 vir nog ’n heerlike fees!

Geniet hierdie terugblik, met die komplimente van ons feesdriftige fotograwe:

AB Jantjies
Adri Minnie

Anja du Plessis
Annerie Wasserman
Connor Leech
Emma Wiehman
Golda Simmers
Gys Loubser
Ivan du Plooy
Jeremeo Le Cordeur
Llewellyn de Wet
Mark Cloete
Mia Park Latsky (Vyekonfyt)
Nanette Evenhuis
Nardus Engelbrecht
Natalie Gabriels
Pierre Rommelaere
PRG-Media 
Stefan Els

Facebook
Twitter
LinkedIn