13 kykNET Fiëstas vir Toyota Stellenbosch Woordfees

Die Toyota Stellenbosch Woordfees het gisteraand, 23 Maart, 13 toekennings by die kykNET Fiëstas-toekennings ontvang, insluitend produksie van die jaar en ’n spesiale Blou Fiësta. Die 16de kykNET Fiëstas is tydens ’n glansgeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou.

Die Toyota Stellenbosch Woordfees het die volgende toekennings ontvang:

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER

Ek is nie Danie  

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK: VOKALE UITVOERING

Lynelle Kenned, Minette du Toit-Pearce, Janel Speelman, Timothy Moloi, William Berger en Corneil Muller – Afrikaans is 100 

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN ’N BESTAANDE WERK

Danie Marais – Ek is nie Danie 

BESTE VISUELE PRESTASIE

Marthinus Basson: Visuele ontwerp – Boklied 

BESTE PRESTASIES IN KLANK- EN MUSIEKONTWERP

Schalk Joubert: Musiekontwerp – Ek is nie Danie  

BESTE NUWELING

Angelo Bergh 

BESTE MANLIKE BYSPELER

Jefferson Dirks-Korkee – Huis van sand 

BESTE VROULIKE BYSPELER

René Cloete – Huis van sand  

BESTE AKTEUR

Albert Pretorius – Ek is nie Danie 

BESTE ENSEMBLE

Boklied 

BESTE AANBIEDING

Ek is nie Danie  

PRODUKSIE VAN DIE JAAR

Ek is nie Danie  

BLOU FIËSTA

Die veldhospitaal

Hartlik geluk aan alle wenners en ons sustersfeeste.

FOTOGRAAF: Gys Loubser

Facebook
Twitter
LinkedIn