Die Toyota Stellenbosch Woordfees het gisteraand, 23 Maart, 13 toekennings by die kykNET Fiëstas-toekennings ontvang, insluitend produksie van die jaar en ’n spesiale Blou Fiësta. Die 16de kykNET Fiëstas is tydens ’n glansgeleentheid by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou.
Die Toyota Stellenbosch Woordfees het die volgende toekennings ontvang:
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER
Ek is nie Danie
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK: VOKALE UITVOERING
Lynelle Kenned, Minette du Toit-Pearce, Janel Speelman, Timothy Moloi, William Berger en Corneil Muller – Afrikaans is 100
BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN ’N BESTAANDE WERK
Danie Marais – Ek is nie Danie
BESTE VISUELE PRESTASIE
Marthinus Basson: Visuele ontwerp – Boklied
BESTE PRESTASIES IN KLANK- EN MUSIEKONTWERP
Schalk Joubert: Musiekontwerp – Ek is nie Danie
BESTE NUWELING
Angelo Bergh
BESTE MANLIKE BYSPELER
Jefferson Dirks-Korkee – Huis van sand
BESTE VROULIKE BYSPELER
René Cloete – Huis van sand
BESTE AKTEUR
Albert Pretorius – Ek is nie Danie
BESTE ENSEMBLE
Boklied
BESTE AANBIEDING
Ek is nie Danie
PRODUKSIE VAN DIE JAAR
Ek is nie Danie
BLOU FIËSTA
Die veldhospitaal
Hartlik geluk aan alle wenners en ons sustersfeeste.




