Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 30 Augustus 2024, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.
“Ons wil soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Ons rig ’n vriendelike versoek aan mense wat volpryskaartjies kan bekostig, om nie van die spesiale aanbiedings op Bly Vrydag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees.
Bly Vrydag werk só:
- Kopers kan met kontant of ’n bankkaart betaal.
- Afslagkaartjies is slegs by die drie ondergenoemde lokale beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
- Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
- Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
- ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.
- ’n Maksimum van twee kaartjies per persoon per vertoning by elke verkoopspunt.
- ’n Maksimum van ses kaartjies in totaal per persoon per verkoopspunt.
- Vir R40-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Bly Vrydag-kaartjies is nie moontlik nie.
Verkoopspunte vir Bly Vrydag:
07:00 – 08:30: Hoërskool Lückhoff
10:00 – 12:00: Erfurthuis, Ryneveldstraat 37
16:00 – 18:00: PC Petersen Primêr
17:00 – 19:00: Erfurthuis
Hiermee ’n lys van produksies waarvoor afslagkaartjies beskikbaar sal wees:
Dans
Exit / Exist
Hollywood
Set in Motion
EasyEquities Skrywersfees
A Tale of Two Cities
All Rise
Anton Rupert: Die lewe van ’n sakelegende
Asem deur die oor
Babylonstories
Bloed in die Boland
Bullsh!t: 50 Fibs That Made SA
Crimson Sands. Rooisand.
Dana Snyman: Seun
Die haas, die heks en die hangkas
Die wyse gryse
Draaie, swaaie en afdwaalpaaie
Drie digters debuteer tesame
Francois van Coke: Hoe ek dit onthou
Great(s in) Conversation
How to Fix (Unf*ck) a Country
Ian Roberts: Is dit jý?
Irma Venter: Al wat tel
It’s me, hi! (13 perspektiewe op Taylor Swift)
Jonathan Jansen: Breaking Bread
Met ’n bietjie hulp van my vriende
Rente in die Boland: Die storie van Capitec
Ryan Sandes: Run. Risk. Reward.
Schoeman se stiltes en stemme
Skielik is jy vry: Die lewe en musiek van Koos du Plessis
South Africa’s Soul in the time of Super Cadres
Twa die tydloper
Wat sê Bettina?
Fokof of bly tot die bitter einde
Kinderfees
Die keiser se nuwe klere
Liewe Heksie en die rolskaatse
Pampoenpit se groen gevoel
The King of Broken Things
Klassieke musiek
8 Cellos in Concert
Charl du Plessis-trio: Rhapsody in Blue
Die Schöpfung (Die skepping)
Klavier-extravaganza
Les Arts Florissants
Moederkerk-orrelweek: Andrea Kayser-Mitas
Moederkerk-orrelweek: Devandré Boonzaaier
Moederkerk-orrelweek: Gavin Julius
Moederkerk-orrelweek: Zen van der Merwe
Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh
Opera-gunstelinge
Strings Attached
Stryk- en klarinetpalet
Universiteitskoor Stellenbosch
Komedie
Add my op die group
Afrisnaaks
Alfred & Marc
Alles tot nou
Llandi Beeslaar: Tomboy
Marianne Thamm: Vuisvoos, maar nog regop (herlaai)
Nik Rabinowitz: Pension Killer
Toneel
’n Begin
’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer
32 Lavender Close
Albatros
ATKV-tienertoneel wenproduksie
Byster
Die potplant: ’n Tragedie
Die stoele
Double Trouble: Bettie innie selle & Chronicles vannie Lavis
Een vir my Baby!
Eendagsvlieg en ander vlietende gedagtes
Gas
Hedda Gabler
Isidlamlilo / The Fire Eater
Kruispad of die legende van die goue vis
Marion Monroe
Monsters
Onder ’n bloedrooi hemel
Othello
Première-wenner
Reünie
Routrip
Skatkis vol stories
Speelgoed van glas
Stinkhout
Suurdeeg
The Return of Elvis du Pisanie
Veelhoek
Why do Moths Fly Like Crazy Kcufs in the Night?
Toyota Musiekfees
-loos
’n Vrou om te onthou
8 Misses Croon Sing
Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder
Bad Peter
Blommetjie gedenk aan my
Die Radio Kalahari Orkes
Drie kaalkoppe kuier tesame
Drie van die bestes
Frieda van den Heever: Spoorsny
Gert Vlok Nel
Hoe het dit skielik laat geword?
Jazz at Petites Bulles: Mauritz Lotz & Schalk Joubert
Jazz at Petites Bulles: Nicholas Miso & Melisizwe Plaatjie
Jazz at The Daisy Jones Bar
Jazz at the Konserve: Katemba Quartet
Jazz at the Konserve: Ramon Alexander Trio
Jazz at the Konserve: Sun Quintet
Kaapse kabaret
Kelders se geheime
Koos Kombuis en vyande
Lize Beekman
Mandisi Dyantyis
Merry Krismis, Elvis
Ontban
Rock ’n Roll-engele
Roem: ’n Musiekverhaal
Silwerskerm-musiektreffers
Taalgenoot Ruk-en-rym-semifinaal met Karen Zoid
Toyota Musiekfees: BlackByrd & Elandré
Toyota Musiekfees: Emo Adams & Dr Victor and The Rasta Rebels
Toyota Musiekfees: Matthew Mole
Toyota Musiekfees: Neon Dreams
Two of a Kind
Vier Panado’s en ’n Chardonnay
Worldplay