Woordtrofees 2026: Benoemings bekend | Toyota Stellenbosch Woordfees 

Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2026 is bekend. Die wenners word op 2 November by ’n geleentheid in Stellenbosch aangekondig. 

Die Woordtrofees vereer jaarliks kunstenaars wat uitnemend presteer het by die fees. Die wenners ontvang elkeen ’n oorkonde en prysgeld. 

Dr. Mareli Pretorius, sameroeper van die Woordtrofees-paneel en voorsitter van die Universiteit Stellenbosch (US) se dramadepartement, sê die goeie gehalte van werk op vanjaar se program was opmerklik, ten spyte van die finansiële uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. 

“Dit was opvallend dat meer as die helfte van die toneelaanbiedings in 2026 een- of tweepersoonvertonings was. ’n Fenomeen wat ten dele (heel moontlik grotendeels) toegeskryf kan word aan die finansiële uitdagings binne die uitvoerende kunste. Die werk was egter deurgaans van baie hoë gehalte en by verskeie kategorieë het ons lank gestoei om by ’n kortlys uit te kom,” sê Pretorius. 

Jo-Ann Floris, redaksielid van die Toyota Stellenbosch Woordfees se onafhanklike INK-feeskoerant, deel ook hierdie gehalte-indruk. 

“Die Toyota Stellenbosch Woordfees is vir my jaarliks die standaard waaraan feeste maar gerus gemeet kan word. Vanjaar was geen uitsondering nie, en ek het ná omtrent elke vertoning uitgestap in verstomming oor die gehalte van produksies en veral die uitstaande akteurs en dramaturge in die land. Daar was hier en daar produksies wat skaafwerk nodig het, beslis, maar die res van die aanbod het daai gaping briljant gevul. Ek moet my waardering noem vir die verskeidenheid en erkenning vir die verskillende vorme van kuns en kultuur in ons land,” sê Floris. 

“Dit was opvallend hoeveel produksies op elke vlak oortuig het: as teks, in die regie, in die spel en in die ontwerp. Die feit dat Atropa, FaustX en MOFFIE in soveel kategorieë benoem is, getuig daarvan,” sê Pretorius. 

Die Spier Toneel-program het gewissel van groot, beeldryke produksies soos FaustX, tot intieme, akteursgedrewe werk soos Elke briljante ding. 

Die volgende pryse word by die Woordtrofees-toekenningsfunksie aangewys en het dus nie kortlyste nie: die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, die beste joernalis van die INK-feeskoerant, die Martie Retief Meiring-prys, Feesheld, en die toekennings vir Woorde Open Wêrelde (WOW) se opvoeder- sowel as skool van die jaar. WOW is ’n sustersprojek van die Toyota Stellenbosch Woordfees wat by die US gesetel is. 

Die benoemings is:

Beste opkomende kunstenaar: Toyota Musiekfees, Dans, Spier Toneel

Dawn Fisher (Boerlesque)

Sibabalwe Gobe-Gysman (Siba Gysman Project)

Chloë Loggenberg (Maurice Ravel: L’Enfant et les sortilèges; Operagunstelinge III)

Graigan Mentoor Papier (Jazz at the Konserve: Papier Family Band) 

Melusi Shandu (Mozart to Verdi: Two Faces of Opera)

Mila Sobolewski (Glimpse)

Kristi Steyn (As die mooi aan ons haak)

Vihann van Rooyen (Markus (en die brandblusser op die derde verdieping))

Uitsonderlike tegniese bydrae

Brett Bailey (ontwerp: FaustX)

Wolf Britz (ontwerp: Die ander dogter)

Brydon Bolton, Njabulo Phungula, Inge Beckmann (musiek: autoplay)

Charl-Johan Lingenfelder (klankbydrae: MOFFIE, An Iliad, Twee siele, een omhelsing, ge-gebergtes)

Janine Neethling en span (tegniese versorging: Amanda Strydom: Sewentig, nog lewendig)

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: klein groepe

Karin Hougaard: Kaalvoet (Karin Hougaard, met Luke van der Merwe en Leon Ecroignard)

Liedjies van Laurika (Daniel Anderson, Paul Ferreira)

Meesters en meltdowns (Lucinda Rosa Bosch, Wesley van der Westhuizen)

Plektrum (Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock, Peter Auret)

Zoid: Spawn (Karen Zoid, Ben Francis, Anton Eloff)

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: groter groepe

Amanda Strydom: Sewentig, nog lewendig (volle geselskap)

Prima! (Dean Balie en Bianca Flanders, met Ramon Alexander en die US-blaasorkes, en ander)

Ramon Alexander-trio & Buddy Wells (Buddy Wells, Ramon Alexander, Adam Fredericks, Annemie Nel)

Wie is Bernoldus Niemand? (VOLK: Frank Freeman, Dillon Myburgh, Mika Burger, André Hough, Duncan Johnson)

Siba Gysman Project (Sibabalwe Gobe-Gysman, Melisizwe Plaatjie, Malibongwe ‘Pizzo’ Magatyana, Ezra Smuts, Esihle Valela, Jayden Harebottle, Henco Bester, Athule Tshiwula, Julia Madison Theron, Sinelizwi Miza)

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: instrumentaal

Claude Bolling: Suite vir fluit en jazz-trio (Charl du Plessis, Peter Auret, Werner Spies, Malané Hofmeyr-Burger)

Gioioso Piano Quartet: Hofmeyr, Mozart & Schumann (Suzanne Martens, Maya Egashira, Peter Martens, José Dias)

Shades of Blue (Liesl Stoltz, Dylan Tabisher, David Cyster, Roxanne Steffen, Elna van der Merwe)

Wind, Earth & Fire (Ralitza Macheva, Shannon Cook, Azra Isaacs, Rosamund Roth, Féroll-Jon Davids)

Cellissimo: KFO-tjellosekstet (Peter Martens, Eddie McLean, Rosamund Roth, Matthias Remley-Ender, Dane Coetzee, Ashlin Grobbelaar)

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: vokaal

An Italian Songbook (EuiHyun Park, Pieter Grobler, Salon Music-strykorkes)

Maurice Ravel: L’Enfant et les Sortilèges (José Dias, sangstudente van die US)

Stemme en verse: ’n Schubertiade (Jan Hugo, Clara Hugo, Pieter Hugo)

Voces Cordis (o.l.v. André van der Merwe)

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: innovasie

Gioioso Piano Quartet: Hofmeyr, Mozart & Schumann (Suzanne Martens, Maya Egashira, Peter Martens, José Dias)

Juliet String Quartet: Playlist (Annien Shaw, Matthew Campbell-Stead, Azra Isaacs, Babette Roosenschoon)

Stadskoor: Soekenjin (Stadskoor | -Choir | -iKwayara)

Beste dans-gedrewe produksie

autoplay (Darkroom Contemporary, met regie & choreografie: Louise Coetzer) 

Glimpse (Alyssa Jacobs, Kalene Sybil Botha, Mila Sobolewski, Nolwandle Makombe, Anlia Marais) 

The Reservation (Figure of 8 Dance Theatre, met regie: Grant van Ster, Buhle Ngaba) 

Twee siele, een omhelsing (Shaun Oelf, Ramsey Devin Lewis, Craig Katts, met regie: Ina Wichterich) 

Beste kinderteaterproduksie

Kattekwaad en koekeloer (Mia Groenewald, Ané Lourens, met regie en choreografie: Estelle Olivier)

Liewe Heksie word gescam (Eldon van der Merwe, Mia van der Merwe, met regie: Margit Meyer-Rödenbeck)

Middel: Noord & Suid (Aidan Davies, Lukhona Mkunyana, met regie: Amelda Brand)

Stinkie, los uit! (Sjaka S. Septembir) 

Zonkie en die laaste boomhuis (Cindy Swanepoel, met regie: Anèl Wood) 

Beste byspeler: manlik

Joshwin Dyson (My kind druip)

Gantane Kusch (CRYBABY)

Geon Nel (Vlindervry)

Wian Taljaard (CRYBABY)

Eldon van der Merwe (Liewe Heksie word gescam)

Beste byspeler: vroulik

Roeline Daneel (Atropa)

Nicole Holm (CRYBABY)

Rolanda Marais (Atropa)

Daneel van der Walt (ge-gebergtes)

Dawn Fisher (Boerlesque)

Beste speler: manlik

Stian Bam (’n Middel)

Carlo Daniels (Eugene)

Albert Pretorius (Elke briljante ding)

David Viviers (MOFFIE)

Vihann van Rooyen (Markus (en die brandblusser op die derde verdieping))

Beste speler: vroulik

Bianca Flanders (Karamonk)

Carla Smith (Atropa)

Anna-Mart van der Merwe (Atropa)

Tinarie van Wyk Loots (’n Middel)

Sandra Prinsloo (Die ander dogter)

Beste ensemble

Atropa

FaustX

ge-gebergtes

Wie call die shots?

Beste teks (nuutgeskrewe of verwerking)

Eugene: Saartjie Botha (na die roman deur Kirby van der Merwe)

FaustX: Brett Bailey

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping): Vihann van Rooyen

MOFFIE: Philip Rademeyer (na die roman deur André Carl van der Merwe)

Beste regisseur

Brett Bailey (FaustX)

Marthinus Basson (Atropa)

Greg Karvellas (MOFFIE)

Cintaine Schutte (’n Middel)

Lara Foot (Die ander dogter)

Beste produksie: komedie

CRYBABY

Elke briljante ding

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)

My kind druip

Beste produksie: drama

Atropa

Eugene

FaustX

Moffie

Fees-begeester

Amalia Uys 

Andrea Hurter 

Carla Venter 

Jean-Marié Stander 

Lise van Schoor 

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit:

Sameroeper: Mareli Pretorius

Spier Toneel: Jurgen McEwan, Ira Blanckenberg, Henriëtta (Gryffenberg) Plattner, Malan Steyn, Ivan Abrahams

Kontemporêre musiek Anna Davel, Paula Fourie, Liela Groenewald, Gustav Franzsen, Niël Rademan, Wendy Joy Crowley

Klassieke musiek: Maryke Lintvelt, Arthur Feder, Zenobia Kloppers

Dans: Ananda Fuchs, Mmatumisang Motsisi

Dit was ’n fees!

En in ’n oogwink is die fees verby, en wat ’n fees wat dit nie! “Ons stoutste verwagtinge is oortref. Ons het vanjaar 75 201 kaartjies uitgereik – dit is 10% meer as laasjaar. Hierdie sukses is te danke aan die kaartjiekoper, die kunstenaars en almal wat op ’n direkte of inderekte manier betrokke is,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Geen fees is moontlik sonder die ondersteuning van borge en donateurs nie. Die Toyota Stellenbosch Woordfees wil dus hul dank betuig teenoor die mense wat belê in die kunste deur hulle ondersteuning van die fees: 

Die hoofborge: Het Jan Marais Nationale Fonds, Toyota South Africa Motors en die Universiteit Stellenbosch.

Platinumborge: Spier, EasyEquities en Netwerk24.

Goueborg kykNET. 

Silwerborge: Strauss & Co, ATKV, Stellenbosch Wine Routes, Visit Stellenbosch, Standard Bank en RSG. 

Bronsborge: Open Window, Hertz, Strive Capital, Aramex, LIFT, Bok Radio en Stellenbosch Munisipaliteit. 

Trusts en donateurs: Jannie Mouton-stigting, NATi, Woordfeesweldoeners, Fynbos Trust, Dirk Nagtegaal, L.W. Hiemstra Trust, Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en Johann Brink Trust. 

Dankie ook aan al ons produkborge, venueborge, projekborge, mediavennote en uitgewersvennote. 

Medianavrae: Stuur e-pos aan Candice Jantjies by candice@woordfees.co.za. 

Facebook
Twitter
LinkedIn