Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2025 is bekend. Die wenners word op 13 November by ’n geleentheid in die Endlersaal op Stellenbosch vereer. 

“Die werk wat kunstenaars na die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees gebring het, was van indrukwekkende gehalte,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees. 

Die Woordtrofees vereer jaarliks kunstenaars wat uitnemend presteer het op die fees. Die wenners ontvang elkeen ’n oorkonde en prysgeld. 

Die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl word by die Woordtrofees-toekenningsgeleentheid aangekondig, asook die toekennings vir die WOW-laerskool sowel as -hoërskool van die jaar. Woorde Open Wêrelde (WOW) is ’n sustersprojek van die Toyota Stellenboch Woordfees. Die beste joernalis van die Toyota Stellenbosch Woordfees se feeskoerant, INK, sal ook aangewys word. Vir hierdie toekenningskategorieë is daar egter geen kortlyste nie. 

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit:

Die benoemings is:

KONTEMPORÊRE MUSIEK

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Klein groepe

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Opelugkonserte en groter groepe

Spesiale uitskietertoekenning vir ’n wêreldklas- vokale uitvoering binne kontemporêre musiek (geen benoemings)

KLASSIEKE MUSIEK

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Instrumentaal

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Vokaal

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Innovasie

DANS

Beste dans-gedrewe produksie

TONEEL

Beste byspeler (manlik)

Beste byspeler (vroulik)

Beste speler (manlik)

Beste speler (vroulik)

Beste ensemble

Beste opkomende kunstenaar 

Uitsonderlike tegniese bydrae

Beste teks: Beste verwerking en/of samestelling

Beste regisseur

Beste eenpersoonsvertoning

Beste toneelstuk