Die wenners van die 2023 Woordtrofees-toekennings is op 13 November by ’n geleentheid in die Oude Libertas-amfiteater bekend gemaak. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang.
Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Christiaan Boonzaier, Wendy Crowley, Gustav Franzsen, Kobus Hanekom, Robert Hindley, Suzaan Keyter, Barbara Loots, Mannie Manim, Jackie Manyaapelo, Jill Markram, Wayne Muller, Royston Stoffels, Tsholo Tshilwane, Naudé van der Merwe, Herman van der Westhuizen, Brechmari van Wyk en Ina Wichterich.
“Die Woordfees-program,” het Mitchell gesê, “was vanjaar buitengewoon sterk en gevarieerd – ’n bron van vreugde en rede tot intensiewe besinning vir paneellede. Die benoemings is ’n opwindende weerspieëling van die talent, diversiteit en kreatiwiteit waaroor die uitvoerende kunste in Suid-Afrika beskik.
“Namens die Woordtrofees-paneel wens ek al die benoemdes en wenners hartlik geluk.”
Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in vier verskillende genres (fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl) is ’n aantal spesiale pryse toegeken word. Daaronder tel die toekennings vir WOW-skool van die Jaar en WOW-onderwyser van die Jaar.
Die wenners is:
BOEKWENNERS
Topverkoper: Niefiksie
I Am Ella – Joanne Jowell
Topverkoper: Leefstyl
Coloured: How Classification Became Culture – Tessa Dooms & Lynsey Chutel
Topverkoper: Poësie en algeheel
Soekenjin – Bibi Slippers
Topverkoper: Fiksie
Laaste kans – Marita van der Vyver
KLASSIEKE MUSIEK
Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal
As ek…
Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal
Variations on Virtuosity
KONTEMPORÊRE MUSIEK
Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Solo/duo
Amber/Ombré (Amanda Strydom)
Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Groep/ensemble
Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad
DANS
Beste prestasie: Dans
Karatara – Produksie
Beste opkomende kunstenaar
David Cyster – Beethoven Triple Concerto (Klassieke musiek)
Melisizwe Plaatjie – Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad (Kontemporêre musiek)
SPESIALE TOEKENNINGS
In Verbondenheid-toekenning
Frazer Barry
Die Toyota US Woordfees gee met die In Verbondheid-prys erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig. Die In Vebondenheid-toekenning word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Heineken Beverages.
Vorige wenners:
2017: Simon Witbooi (HemelBesem)
2018: Janine Neethling
2019: Felicia Lesch
2020: Amelda Brand
2021: Geen toekenning
2022: Lee-Ann van Rooi
WOW-onderwyser van die jaar
Alicetine Fredericks (Kroneberg Primêr, Oos-Kaap)
WOW-skool van die jaar
Bastiaanse Sekondêr (Beaufort-Wes, Wes-Kaap)
Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant):
Marchelle van Zyl
Feeshelde
Retha Bornmann en Monique Bowes
TONEEL
Beste prestasie: Tegnies
Die vegetariër – Stel, beligting, ontwerp
Beste prestasie: Fringe
Byster
Beste prestasie: Kinderteater
The King of Broken Things
Beste byspeler (manlik)
Eben Genis – Mirakel
Beste byspeler (vroulik)
Jill Levenberg – Droomwerk
Beste speler (manlik)
Mark Elderkin – A Midsummer Night’s Dream
Beste speler (vroulik)
Sandra Prinsloo – Master Class
Beste prestasie: Solo
Kim Blanche Adonis – My Fellow South Africans
Beste ensemble
Droomkraan-kronieke – Geselskap
Beste regie
Geoffrey Hyland – A Midsummer Night’s Dream
Beste toneelstuk
Die vegetariër