Die wenners van die Woordtrofees vir 2025 is op 13 November tydens ’n toekenningsgeleentheid in die US Konservatorium op Stellenbosch bekroon. Die wenners het elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld ontvang. 

Die Toyota Stellenbosch Woordfees vereer met die Woordtrofees jaarliks kunstenaars wat uitnemend presteer het op die fees. 

“Vanjaar se produksies was weer, oor die algemeen, van ’n hoë standaard. Wat my egter verras het, was die ongelooflike kwaliteit van die jazz-produksies. Dit was wêreldklas en dit was moeilik om ’n gunsteling te kies,” sê Gustav Franzsen, paneellid in die kategorie Kontemporêre musiek (opelugkonserte en groter groepe). 

Gustav se kollega in dié kategorie, Laurinda Hofmeyr, sê “sommige produksies het uitgestaan weens die skaal en professionele gehalte van die produksie as geheel. Ander het mens in vervoering gehad oor individuele deelnemers se verstommende bydraes en soms was die positiewe energie van jong groepe en hul vars verwerkings net totaal oorrompelend”. 

Gehalte is die buzz-woord onder die paneel, saamgeroep deur Mareli Pretorius

“Die voorsiening van uitstekende beligtingstoerusting was oorwegend indrukwekkend. Dit het dit moontlik gemaak om vertonings op die planke te bring wat oudiovisuele elemente toelaat, wat ruim bydra tot die teaterervaring,” sê Henriëtta Plattner van die Toneel-paneel. “Ons kon dié jaar sien hoe KI kan toevoeg tot elemente wat bedrewe deur regisseurs aangewend kan word. Daarteenoor was dit steeds verblydend om te sien hoe regisseurs steeds ’n gehoor kan verras deur gebruik te maak van elemente soos die egte duiwe in Boklied of die regstreekse klankbaan van Ek is nie Danie. Dit verskaf ’n gehoorbelewenis wat TV of rolprente doodeenvoudig nie kan bied nie.” 

Die wenners is:

EasyEquities BOEKPRYSWENNERS

Fiksie-topverkoper

Poësie-topverkoper

Nie-fiksie-topverkoper

Leefstyl-topverkoper

WOW-TROFEES

Die WOW-trofees vereer ’n laerskool en ’n hoërskool vir uitnemende prestasie op die opvoedkundige projekte van dié bemagtigingsinisiatief (Woorde Open Wêrelde) van die Universiteit Stellenbosch. WOW is ’n sustersprojek van die Toyota Stellenbosch Woordfees. 

WOW-laerskool van die jaar

WOW-hoërskool van die jaar

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant): 

“Chase se stem is uniek, is Kaaps en deel ’n unieke en besonderse uitkyk op die lewe en kom met baie ervaring en kennis van die kunste. Ons is bevoorreg om Chase te eer vir hul werk. Chase se werk getuig van ’n eerlike en diepe omgee vir die kunste en respek vir hul medekunstenaars,” sê Marchelle van Zyl, INK-redakteur.

Reinet Nagtegaal-teksprys

Dianne du Toit Albertze is die wenner van die eerste Reinet Nagtegaal-teksprys, aangebied in samewerking met die Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit is die grootste teksprys in Afrikaans en die algehele wenner ontvang naas prysgeld van R120 000, ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, en ’n  speelvak by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Lees meer by woordfees.co.za

Martie Retief Meiring-toekenning

Met die Martie Retief Meiring-toekenning wil die Toyota Stellenbosch Woordfees die legendariese joernalis na wie die prys genoem is, huldig vir haar reusebydrae tot die kunstefeesomgewing. Die prys vereer ’n kunstenaar of produksie wat werk lewer wat Martie se waardes en beginsels vergestalt: Dapper, konfronterend, ambisieus, vernuwend, innoverend, uitdagend, plesierig – die soort werk wat die Toyota Stellenbosch Woordfees wil aanbied en wat gehore opgewonde maak en aan die praat sit.

In verbondenheid-toekenning 

Die In verbondenheid-toekenning gee erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig. 

Feesheld

TOYOTA MUSIEKFEES (KONTEMPORÊRE MUSIEK)

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Klein groepe

Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Opelugkonserte en groter groepe

Spesiale uitskietertoekenning: Vir ’n wêreldklas- vokale uitvoering binne kontemporêre musiek (geen benoemings)

KLASSIEKE MUSIEK

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Instrumentaal

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Vokaal

Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: Innovasie

DANS

Beste dans-gedrewe produksie

Beste opkomende kunstenaar(s)

SPIER TONEEL

Beste byspeler (manlik)

Beste byspeler (vroulik)

Beste speler (manlik)

Beste speler (vroulik)

Beste ensemble

Uitsonderlike tegniese bydrae

Beste teks: Beste verwerking en/of samestelling

Beste regisseur

Beste eenpersoonsvertoning

Beste toneelstuk

Die beoordelaarspaneel het bestaan uit:

Sameroeper: Mareli Pretorius

Toneel: Henriëtta Plattner (néé Gryffenberg), Malan Steyn, Robyn van de Rhede, Haddad Viljoen

Kontemporêre musiek (klein groepe): Frazer Barry, Liela Groenewald, Tersia Harley

Kontemporêre musiek (opelugkonserte en groter groepe): Wendy Joy Crowley, Gustav Franzsen, Laurinda Hofmeyr

Klassieke musiek: Marietha Channell, Arthur Feder, Maryke LintveltDans: Mmatumisang Motsisi, Mduduzi Nyembe, Estelle Olivier