Foto’s: Karoo Suite 2 – Karoonagte
Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite het die afgelope drie jaar gehore op hulle voete gehad. Hulle keer terug met ’n aangrypende opvolg-produksie. Karoo Suite 2: Karoonagte verwys na Deon se gelyknamige boek en Coenie se bekende lied. Dis nagverhale deur Deon Meyer wat hy self op die verhoog vertel. Die musiek […]
Foto’s: Kraai
John besluit om ’n blaaskans te neem van sy kêrel en loop hom vas in die vrou van sy drome. Uit skuldgevoelens en besluiteloosheid reël hy ’n ontmoeting met al die betrokke partye om uitsluitsel te kry. Mike Bartlett se prikkelende storie werp ’n speelse dog hartroerende blik op seksualiteit en die besef dat jy […]
Foto’s: My mense is die kluts kwyt (groot)
’n Blitsvinnige, vlymskerp komedie in die tradisie van Monty Python en eenbedrywe deur Christopher Durang. Ná die sukses van My mense is die kluts kwyt, kyk My mense is die kluts kwyt (is groot) weer met ’n vars satiriese oog na die Afrikaner met al sy geite, vooroordele en fobies. Met: De Klerk Oelofse, Roeline […]
Foto’s: NiksAllesTogIets
De Bois en Manie wil die wêreld red. Dit lyk goed op De Bois se CV, veral as hy die titel as Meneer Suid-Afrika uiteindelik wil verower. Manie het ’n meesterplan, maar om die wêreld ‘n beter plek te maak is ’n groot verantwoordelikheid. Hulle plan is te klein vir twee. Met: Robert Hindley, Allistair Seymour, […]
Foto’s: Ouma Ossewania praat vuil
Ouma Ossewania kyk terug op haar lewe met woede en humor. Fotograaf: Lindsey Appolis
Foto’s: Ramon Alexander Quartet @ Standard Bank Jazz in the Quad
Ramon Alexander is een van dié jong Cape Jazz-komponiste en -pianiste en al ’n geliefde instelling by die Woordfees. In samewerking met die Cape Town Music Academy. Fotograaf: Stefan Els