Foto’s: Flikker & Flash Saterdagaand, 10 April
Saterdagaand het om die 70 kunstenaars in elf onkonvensionele vertoonruimtes in die middedorp van Stellenbosch 16 opwipvertonings aangebied in ‘n wye verskeidenheid van genres insluitend teater, dans, modeontwerp, improvisasie, vertoonkuns, kabaret, hip hop, folk, rock, opera en visuele kuns. Baie dankie aan almal wat saam met ons die kunste in die strate van Stellenbosch gevier […]
Foto’s: Kunstenaarsweek-werkswinkels
Die kunstenaars het van 6 tot 9 April in werkswinkels hulle Flikker & Flash-opwipvertonings voorberei onder leiding van agt vooraanstaande fasiliteerders: die teatermakers Andrew Buckland, Gcina Mhlophe, Mmatumisang Motsisi, Sylvaine Strike en Jefferson Tshabalala, die danser-choreograwe Gregory Maqoma en Alfred Hinkel, en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die groepsessies is by die Hoër Meisieskool […]
Galery: Woordtrofees 2023
Die kunstenaars het geskitter onder die Bolandse sterre op ‘n heerlike, windstil someraand in die Oude Libertas-amfiteater waar die sonsondergang altyd ‘n belewenis is. Die SU Jazz Band het musiek gemaak. Nik Rabinowitz was die seremoniemeester en het gaste laat skater. Wyn, bier, borrels en drankies vir die feestelikheid is deur Heineken Beverages verskaf. Monarch […]
GOEIE NUUS VIR MATRIEKS EN TEATERVLOOIE
Twee dramas, wat vir Afrikaans Huistaal in graad 12 voorgeskryf word, is vanjaar spesiaal vir Woordfees TV verfilm: Adam Small se Krismis van Map Jacobs en Reza de Wet se Mis. Die feeskantoor word sedertdien oorval met navrae van skole en leerders wat graag na hierdie produksies wil kyk in voorbereiding op die naderende matriekeksamenvraestel […]
Groot oes van Fiësta-benoemings
Die benoemings vir die 11de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse. In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die Covid-pandemie. Juis daarom sê Karen […]
Hoogtepunte van Woordfees TV 2022
Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.