Programaansoeke vir Woordfees 2023 nou oop

Klik hier vir meer inligting en om aansoek te doen.
Slaan ’n slag op Wilde Woensdag

Die Toyota US Woordfees bied op Wilde Woensdag, 28 September 2022, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op Wilde Woensdag beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind. […]
SPRING EN SPAAR MET SPESIALE AFSLAG EN SEISOENKAARTJIES
Die ekonomie druk oral en dit was dus vir die Woordfeesbestuur ’n prioriteit om feesgangers vanjaar toegang tot soveel gehalte-aanbiedings moontlik te gee. Benewens ’n groot verskeidenheid gratis feesplesiere soos kunsuitstallings en die grootste deel van die Diskoersprogram en Filmfees, is daar verskeie inisiatiewe om kaartjies meer bekostigbaar te maak. Hier is ’n nuttige opsomming […]
Woordfees TV nou tot 10 Oktober
Op grond van die groot aanvraag na herhalings van programme wat sedert 1 Oktober op Woordfees TV uitgesaai is, het DStv besluit om dié opwipkanaal drie dae langer op die lug te hou. Die 2021 Toyota US Woordfees sou landwyd en in Namibië van 1 tot 7 Oktober 2021 op DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15 […]