Ateljeebesoeke: Strijdom van der Merwe

Visuele kuns
60 Minute
5 Oktober
11:00
9 Oktober
11:00
R40 | R70 by die deur

Du Toitstraat 12

Strijdom van der Merwe se kuns is opsetlik verganklik – vlugtige gebare eerder as konvensionele beeldhouwerke. Hulle word ter plaatse geskep, met slegs materiaal wat in die omgewing gevind word, en is bestem om net vir ’n breukdeel van tyd te bestaan voordat hulle as’t ware oorgegee word aan die elemente. Die resultate is speels en diepsinnig, efemeer dog blywend. Afhangende van die aard van die werk of die opdrag, kan die kunswerk ook meer permanent wees, maar hy maak dit altyd om die skoonheid van die natuur te vier.