Die geskiedenis van braaibroodjies

EasyEquities Skrywersfees
Afrikaans
Gesin
60 Minute
9 Oktober
17:30
R50 | R80 by die deur

Aangebied deur Flyleaf

Die geskiedenis van braaibroodjies volg Frans de Villiers wat die storie van hierdie klassieke braaikos naspoor. Hy kyk 300 jaar terug in die geskiedenis en bestudeer ou resepteboeke, krap in kerkargiewe rond en vind leidrade en bestanddele in Boerekalenders, reisjoernale, VOC-korrespondensie, koerante en tydskrifte. Natuurlik kry hy ook honderde handgeskrewe familieresepte onder oë. Wat hy ontdek, is meer as ’n ontstaansverhaal: Dit is die geskiedenis van Afrikaners, vertel deur vuur, witbrood, kaas, uie, tamaties en – of jy daarvan hou of nie – blatjang.