Kom beleef self ’n resep wat uit meer as 300 jaar se gekiedenis ontwikkel is. Frans de Villiers, skrywer van Die Geskiedenis van Braaibroodjies, vertel hoe hy vir sy boek ’n braaibroodjie ontwikkel het waarvan elke bestanddeel aan ’n historiese resep, gebruik of verhaal uit ons verlede gekoppel is. Van brood en kaas tot tamatie, ui, blatjang en vuur, elke laag het sy eie geskiedenis. Frans maak die historiese braaibroodjie en vertel terselfdertyd die verrassende stories agter die bestanddele.