Sluit oor middagete aan by die bekroonde kosboekskrywer, stilis en resepontwikkelaar Elmarie Berry vir ‘n voorsmakie van alles wat haar wêreld mooi en lekker maak. Berry is die skrywer van Kosbaar (2024) en The Table (2025), wat verlede jaar by die Gourmand-toekennings bekroon is as die beste Mediterreense kookboek ter wêreld! Haar kookkuns is ’n vermenging van haar Suid-Afrikaanse en Libanese koserfenis, en sy is bekend vir hoe sy elke ete in ‘n onvergeetlike ervaring omskep. In hierdie demonstrasie wys sy jou hoe – en jy kan na hartelus proe!