Fees van die Woord: Moederkerk-eredienste

Leefstyl
Afrikaans
60 Minute

29 September

09:30

6 Oktober

09:30
Gratis

“Christus speel op 10 000 plekke” is ’n aanhaling uit ’n gedig van Gerard Manley Hopkins, maar ook die titel van ’n boek deur Eugene Peterson. In albei eredienste word oor dié tema besin deur die liturgie, die Woord en musiek, met die skepping as speelgrond; God speel in die geskiedenis en ook in die samelewing waarin die heilige en die alledaagse verweef is. Die violis Johanna Roos kom speel saam by albei dienste. Op 29 September tree lede van Koorinsident en die Stellenbosse Madrigaalsangers o.l.v. Elsje Kemp op, en op 6 Oktober die Kaapse Koorakademie o.l.v. Xander Kritzinger.