Aangebied deur Human & Rousseau
Sluit aan by die gesondheidsafrigters van Fire for Life vir ‘n insiggewende gesprek oor Gut Health – The South African Guide, met dr. Stephen Schmidt oor sy en Vickie de Beer se boek met praktiese wenke oor hoe jy jou gesondheid kan verbeter deur gefermenteerde kos te eet. Fermentasie verhoog mikrobioomdiversiteit en ondersteun die immuunfunksie, en in hierdie praktiese demonstrasie sal jy leer hoe om suurkool, gefermenteerde groente en kefir te maak. Proe ook aan lekker gefermenteerde happies en gebruik die geleentheid om die kenners uit te vra.