Met Carel Trichardt, Daneel van der Walt, Jayden Dickson, Ntombi Makhutshi, Miché van Wyk
’n Paar dae ná sy 90ste verjaarsdag word ’n emeritus professor oorweldig deur die lewe. Sy rekenaar, foon, niks wil werk nie – alles raak te veel. ge-gebergtes is ’n poging om sin te maak van sy konfrontasie met tegnologie. Van oudword tot oudwees – ’n toestand van stadige aftakeling en toenemende hulpeloosheid en afhanklikheid. Die agteruitgang van liggaamlike en kognitiewe vermoëns kan deur almal waargeneem word. Kinders wat ver is. Die wêreld wat voortsnel op ’n ander trajek. En jy wat wag. Van der Walt is met ‘n Kanna-toekenning bekroon vir haar rol in ge-gebergtes.
Regisseur Wessel Pretorius
Skrywer Saartjie Botha
Choreografie Sylvaine Strike
Komposisie en musiekverwerking Charl-Johan Lingenfelder
Stel- en kostuumontwerp Birrie le Roux
Beligtingsontwerp Luke Ellenbogen
Verhoogbestuur Lulu Heleen Kieser
‘n KKNK-produksie