Kantate: ‘n Program van eietydse Afrikaanse koormusiek

Klassieke musiek
Afrikaans
Gesin
65 Minute
10 Oktober
18:30
R195-R250 | R225-R280 by die deur

Met Aurum Cantores (gemengde koor), Winfried Lüdemann(dirigent),Marina Erasmus (sopraan),Van Wyk Venter (tenoor), Theresa van der Merwe (klavier), Emma Stiff (eerste viool),Vialli Mocke(tweede viool), Rudolf Smit (altviool), Christiaan Naudé (tjello)

Die werke in hierdie aanbieding beloof om ’n opwindendende koormusiekervaring te bied. Pieter van der Westhuizen se “Loof, loof, loof die Here” bekoor met melodiese ingewings, terwyl Chris Lamprecht se “Verbly jul in die Here” (1975) ’n vroeë bydrae tot die kantate-genre in Afrikaans is. “Genesing” (1991) deur Henk Temmingh is ’n uitdagende dog uitdrukkingsvolle werk vir koor, tenoor en strykers, en dan is daar “Geloofsbelydenis” (2025) van Ben van Niekerk, ’n belowende nuwe komponis. Die eerste uitvoering van Winfried Lüdemann se grootse “Kerfeeskantate” (2025) verruim die Afrikaanse kantate-genre op verbeeldingryke wyse.