Om die onsêbare te sê

Diskoers
Afrikaans
60 Minute
8 Oktober
17:30

Danie Marais beskryf Tom Dreyerse jongste bundel as “ ’n herbetowering van die wêreld”. Vir Herman Wassermanword gedigte sy reddingsboei, skryf Valda Jansen. In hierdie gesprek vra Dreyer en Wasserman of poësie, wat anders kyk as die wetenskap en anders weet as die maklike sekerhede van die teologie, dalk uniek geposisioneer is om iets van die geheimsinnigheid, luisterrykheid en selfs heiligheid – die Engelse praat van “the sacred” – van die wêreld raak te sien en raak te sê.