Met Tammy Shefer, Aaniyah Martin, Confidence Joseph, Louise du Toit(gespreksleier)
High tide at high noon: reflections on and in water.
Ons het óf te veel water óf te min – of, baie dikwels, albei op een slag. Oorstroomde huise en paaie beteken nie noodwendig ons het genoeg skoon water vir huishoudelike, nywerheids- en landbougebruik nie. Ons kyk na vele kwessies rondom water, insluitend waarom dit vermors en besoedel word. Wat van ons oseane en kuslyn? Ons voorvaders het waterryke plekke as heilig beskou. Het ons hulle wysheid verloor in ‘n neoliberale era waarin alles gereduseer word tot gebruik en wins?