Rites of Passage

Easyequities skrywersfees|Visuele kuns
English, Afrikaans
60 Minute
8 Oktober
14:30
R50 | R80 by die deur

THE ART OF HOUGAARD WINTERBACH

Die kunstenaar Hougaard Winterbach skep al vir vyf dekades werk wat die grense tussen sogenaamde “hoë kuns” en popkultuur vervaag. In sy werk sien ’n mens die invloed van die Westerse kunstradisie, maar ook merkers van strokiesprente, rock-ikonografie ensomeer. Die boek Rites of Passage – The Art of Hougaard Winterbach is deels ‘n kunstenaarsbiografie en deels ‘n bestekopname, ’n dokument wat die kunstenaar se ontwikkeling oor 50 jaar opteken, met afbeeldings van tekeninge, juweliersware en beeldhouwerke. Anton Kannemeyer, ’n jare lange vriend van Winterbach, sal met hom gesels oor sy werk en oor hierdie publikasie waarin sy reis as kunstenaar, belangstellings, invloede en hartstogte byeengebring word.

Ondersteun deur Naledi